Member shoot - Oct 2010

 

J'Chiannie TV & CD Productions is in die proses om 'n musiek DVD vir Etha, bekende sangeres van die Westelike Provinsie, te verfilm.  In totaal sal die DVD bestaan uit 23 liedjies, waarvan sommige vir televisie uitsending geoogmerk is.  Van die liedjies wat reeds voltooi is, kan alreeds op ASTV gesien word asook YOUTUBE.  Van die liedjies wat alreeds voltooi is, was verfilm tot sover as Gansbaai en omgewing.  Eersdaags sal die bekende sanger, Jaques de Koning, afvlieg Kaapstad toe om ook in een van Etha se liedjies op te tree.  J'Chiannie TV & CD Productions het verskeie musiek video's vir bekendes vervaardig, onder andere Andries Vermeulen. Ons borg 'n sekere gedeelte van die musiek DVD en help sodoende kunstenaars om meer bekendheid te verwerf.